Dis ‘n vierkant.  Eks in ‘n tweestryd.  Die begeerte om te geniet, te dans en sing saam my beste vriendin.  Die donker kol waar die lig nooit skyn in die DJ boks en op die dansbaan se vloer.  Hier hang rook en steeds kan ek beweeg terwyl die mistigheid my sig belemmer maar dis ok, want ons dans snaaks.  Geen bybedoelings.  Geen begeerte vir aandag. Ek belowe, opreg.  Maar steeds kom ‘n figuur deur die rook aan geloop met ‘n bottel in sy hand, sy oe half toe en soos ‘n fluit tuit sy lippe deur dronkenskap.  “Is julle nie stippers nie?  Ek sweer ek het julle al gesien.”  In sy donker woorde vergaan my glimlag en voel ek die duister van die kamer.  Ons draai weg en swaai steeds voort en ek kyk af na my pols en voel soos ‘n veraaier.  Is ek die rede van so uitlating uit ‘n man se mond met geen integriteit en geen waardes?  Ek skree Jou naam uit deur die ink in my vel maar steeds deur my onskuldige aksies is ek skuldig.  Want, “…daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie.”  My onskuldige motivering het my broer laat struikel.  My verwar met ‘n vrou van die nag, ‘n Jezebel, if you will.  En dit maak my wil in die donker alleen dans.  Die vierkant.  Eks in ‘n tweestryd.  Of is dit nie ‘n maklike opsomming van sake nie?

Al wat ek weet is dat my aksies Jou naam moet uitroep.  My gebare uiters suiwer en rein.