“So be content with who you are, and don’t put on airs.  God’s strong hand is on you; he’ll promote you at the right time.  Live carefree before God; he is most careful with you.”

Ek sny ‘n bloed rooi appel terwyl ek sit en dink wat ek kan skryf oor hierdie teks.  Al wat ek weet is dat dit al baie vir my as mens beteken het, veral in die tye wat ek die mees onseker was oor myself en my doel.  Het jy al ooit frustreerd gevoel met jouself, jou lewe, jou werk, jou mense en die lewe oor die algemeen?   Jy weet, die dae gaan om en jy bly staan voor ‘n spieel wat nooit sy prentjie verander.  Jys vas in die glas-beeld van jouself.  En glo my, dis nie ‘n “mirror, mirror on the wall” geval nie.  Die spieel praat nie terug nie.  Jys net vas…  Ek het die afgelope paar weke baie hieroor gedink.  Oor wie ek is, oor al die dinge waarmee ek sukkel.  My swakhede, veral.  Die dinge wat ons so baie wegsteek vir almal, want ons wil nie erken ons sukkel ook nie.  Wel ek sukkel, en geen mens het vir my ‘n antwoord nie…  Geen mens kan my gedagtes gryp soos die volgende nie:

“Jesus told them a story showing that it was necessary for them to pray consistently and never quit.  He said, “There was once a judge in some city who never gave God a thought and cared nothing for people.  A widow in that city kept after him:  ‘My rights are being violated. Protect me!’  “He never gave her the time of day.  But after this went on and on he said to himself, ‘I care nothing what God thinks, even less what people think.  But because this widow won’t quit badgering me, I’d better do something and see that she gets justice—otherwise I’m going to end up beaten black-and-blue by her pounding.'”   Then the Master said, “Do you hear what that judge, corrupt as he is, is saying?   So what makes you think God won’t step in and work justice for his chosen people, who continue to cry out for help? Won’t he stick up for them?  I assure you, he will.  He will not drag his feet.  But how much of that kind of persistent faith will the Son of Man find on the earth when he returns?”

In die middel van my frustrasies met myself, kom gee Hy vir my die mooiste verse.  “….so what makes you think God won’t step in and work justice for his chosen people, who continue to cry out for help?”  OK, Here, I’ll continue to cry out for help…  En net daar besef ek, dit is dalk vir my noodsaaklik om NOU “promote” te word.  En ja, op die regte tyd is dit God se doel en wil, maar dis soveel meer belangrik hoe ek daar uitkom.  As God my  NOU, vandag, “promote”, dan is alles mos perfek?  Dan is ek waar ek moet wees?  Is die tyd tussen in waar ek sukkel, skree en huil voor Hom nie juis die tyd waar ek groei nie?  Hy gee ‘n belofte, en herinner my om aan te hou bid daarvoor.  Hoekom?  Wat deur dit groei ek nader aan hom.  My geloof groei.  Ek groei…

Verhouding met Jesus Christus is op die einde van die dag die punt.  Al voel ek hoe swak en lag ek vir my refleksie in die spieel, is dit juis die tyd om by Sy voete te sit en te leer in my seer…  My rou wonde en onsekerheid is die begin van die reis na my promosie.  And its worth every minute…