Vandat ek klein is, het ek nog altyd pretty much ‘n uitbeplande idee gehad van my liefdeslewe.  Ek het imagine hoe ek die perfekte ou ontmoet, net WEET, en sommer vinnig vinnig trou…  maar dis nie hoe die lewe werk nie.  Hoekom dink mense altyd as hulle trou dan gaan “alles regkom”?  Hulle weet daar is nog baie dinge waaraan hulle moet werk, maar somehow druk hul mekaar dan in trou in, en dink dit gaan alles reg toor.  Ek was een van daai mense.  Ek het gedink ek is reg vir trou.  Ek weet mos wie ek is, nie waar nie?  Ek het mos die persoon vir wie ek kies, right?

Vandag praat ek en ‘n vriendin oor die huwelik.   En oor verhoudings voor die huwelik.  Hoe ons vroumense werk.  Hoe mans werk.  En ek besef net, dis baba tree.  Nie eers kleuterskool kind tree nie.  Baba tree.

Imagine gou die volgende.  Jy bevind jouself in ‘n verhouding waar twee mense mekaar oneindig lief het.  Die vrou, nes ons is, beplan al die troue sommer net so skyns na die tweede date.  Die man, wat baie lief is vir haar, stem in dat hy haar eendag sy vrou wil maak.  Dit dryf die vrou nog meer na rok-kyk, ringe-kyk, plak-boek bymekaar slaan, soos sy al hoe meer begin uitblaker dat die troue om die draai is.  Dis als mooi en lieflik.  Dis tog wonderlik dat twee mense wat mekaar lief het, wil commit en trou.  Vir ewig saam wees.  Maar staan gou ‘n tree terug, en dink oor die volgende.

Is jy emosioneel volwasse?  –  As ‘n slegte situasie in die huwelik opkom, hoe hanteer jy dit?  Bly jy kalm en rustig, en hanteer die ander een in liefde en respek, of verloor jy jou humeer en verwag dat als jou eie manier moet gaan?  As jy in ‘n verhouding staan nou, dink gou hoe albei partye situasies hanteer?  Is dit hulle volle potensiaal?  Of is daar nog spasie vir groei, en groot word? 

Ek besef vandag dat die tyd voor mens trou, ‘n tyd van ‘n wonderlike vriendskap moet wees.  Ja, met al die romantiese dinge seker daarmee saam, maar grootliks – ‘n tyd om sonder druk mekaar te leer ken en te bou aan ‘n verhouding.  Ek is all for “wag vir die regte een,” en om nie net sommer te date nie.  As jy wel die persoon ontmoet saam met wie jy jou lewe imagine, hoekom nie rustig bou daaran?  Hoekom wil ons girls altyd net dadelik trou?  Vat ‘n diep asem, en geniet dit om mekaar te leer ken.  Wees die minste, dien mekaar!  Lag saam, huil saam, maar gee mekaar die nodige spasie om te WEES!  

Hierdie is ‘n basiese konsep wat ek geleer het de afgelope tyd.  Dis so eenvoudig.  Hou op issues maak uit niks.  As jy werklik ooit met die persoon vir wie jy lief is wil baklei, dan beter jy ‘n flippen goeie rede hê!  Liefde is geduldig en gaaf.  Hou op huil en pas dit toe!  Wat ookal jy van die ander persoon “verwag”, doen jy dit vir daai persoon ook?  Verwag jy dat jou geliefde jou gevoelens in ag neem, jou respekteer, jou onvoorwaarlik liefhê en aanvaar? Doen jy dit vir die ander een?

Ek skryf al hierdie dinge net omdat ek besef wat ons meisies soms aan die man in ons lewe doen.  Ons is gretig oor wat ons wil hê.  We want the kitchen, the kids and the cats.  Maar as jy werklik iemand liefhet, hoekom nie geduldig, saam met Jesus, bou en wag vir die regte tyd?  Ek wens ek het al hierdie dinge vroeër besef.  Dit gaan nie net oor wat EK wil hê nie. 

Moet nie in my foute deel nie.  Liefde wen.  Liefde kom nie met vereistes.  En #thisisall.