… die mooiste mense wat ek ken …

Die onrustigheid het aan my begin eet al maande terug.  Maar stadig.  Seker, maar stadig.  Hyt gekou aan plekkies waar dit vir my makliker was om dit te vermy, en net ‘n pleister oor die wond te kon plak en aan te kon gaan.  Maar vandag kou hy so hard aan my dat ek sy tande voel kerf aan my bene.  Wit op wit.

Haar woorde is altyd sag gemotiveerd.  Sy praat in liefde al is my reaksie soos ‘n rebelse idioot.  Sy sny die wortels in die oggend terwyl ons nog slaap, en maak dan vir ons sap.  Sy sorg soos ‘n ma behoort.  Nee, sy doen meer as haar deel.  Sy se nooit nee as ek haar vra, om op die laaste minuut van haar uitgesitte rustyd, hand by te sit.  Nog ‘n dans kostuum, ‘n nuwe rok.  Teken gou dit, vou gou dat.  Gaan koop die nodige dinge vir my belange.  Sy probeer ‘n geselsie aanknoop.  Sys reguit. Uniek.

Sys my ma.

Hy praat veels te hard.  Hy hou van rou groente en sit maklik ‘n bakleiery op vir swak diens.  Daar is soveel wysheid in sy bestaan.  Hys die lang man sonder valsheid.  Hys die lang, soms mal, man, sonder terug hou.  Hy het sy sterk wil en ek dink ek het dit dalk geerf.  Ek sien myself in hom as hy laf raak en sy lang bene soos ‘n volstruis sin dans.  Hy lei my soos ‘n skaap.  Ek hou van skaap-wees, solank dit hy is.  Sy snor krap.  Maar dis ok.

Hys my pa.

Oor minder as 2 maande is my bestaan, soos ek hom ken, van die afgelope 21 jaar, weg.  Die hopelose hoe bed – weg.  Die menige skilderye wat sy laat aand verf – weg.  Die toilet rol sal nooit weer op die rol wees.  Die tv kanaal nooit weer op ASTV.  Die reuk van haar vars ystee – weg.  Die groentesap-ysblokke – weg.  Ek sal nie in stilte my hand by die deur laat inglip om die alarm aan te sit, laat nag.  Sy sal nie kom vra of ek na haar wil bad.  Geen meer lavender stokkies op my tafel, of die uitgeprinte selfoon rekening op my bedkas.  Die reuk van sy skeerroom gaan my verlaat.  Haar soms frustreerende gekarring oor my kamer gaan met haar saam.

En niks maak dit makliker.  En niks maak my rustiger.  My trane is rou en dik as ek huil oor die twee mense wie my verstaan.  Die twee mense in hierdie wereld wat my beter ken as wat ek myself ken. Die twee mense wat Jesus uitstraal soos geen ander.  Dis nag.

Bly.  Net hier.

DIE BESTE MENSE WAT EK OOIT SAL KEN…

Niks meer of minder as julle twee…

Advertisements