So ek hoor mos dat liefde iets is wat jy voel.  Ek hoor die lirieke “love is only a feeling…”  Mense skryf gereeld oor liefde in blogs, status updates en artikels.  Die HAT beskryf die woord so:

Hartlike geneentheid, gehegtheid aan ‘n persoon of saak.

Mense se vinnig:  “Ek het jou lief.”  Soms se ons dit vir mekaar om ‘n band te maak.  Soms se ons dit sommer net omdat ons van iemand hou.  Liefde.  ‘n Gevoel?  ‘n Daad?

My gunsteling beskrywing van wat liefde is kom uit die beste boek ooit.  Die Bybel.  Hy beskryf hom so:

Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,  handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,  is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.   Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Klink vir my meer soos ‘n daad as iets wat ek kan voel.

Ek weet nie.  Soms voel ek dit diep binne in my.  Soms voel ek dit nul, maar leef dit uit teenoor my naaste.

Al wat ek werklik weet is ek is ongelooflik lief vir Jacques Botha.

Of ek dit nou voel.

Of ek dit nou in dade bewys.

 

Ekt jou lief.