“What do I know of You, who spoke me into motion…” – Addison Road lirieke wat my menig male laat stil sit en diep dink.  Daar is ‘n paar dinge wat ons almal leer, min of meer die selfde, terwyl ons groot word.  Dis ‘n rympie, dis feite, maar die betekenis dood as jy nie die Een ken wat hierdie dinge vir jou se nie:

1.  God het alles gemaak. – ALLES?  Werklik?  Wow.  Alles op hierdie aarde is ‘n resultaat van Sy werke, duisende jare terug.  Hy is so almagtig dat Hy kon PRAAT, en alles het tot bestaan gekom.  Hy het net GESE.  Sy mond oop gemaak, en dit was hier.
2.  God het my lief. – Sal ons OOIT kan werklik verstaan wat dit beteken, dat die Here wat ALLES gemaak het, lief is vir ons?  Dat dit nie gaan oor wat jy op hierdie aarde bereik nie, maar dat dit gaan oor jou persoonlike verhouding met die Koning.  Hoe goed ken jy jou meisie, ou, man of vrou?  Ek neem aan goed.  Jy ken die persoon se likes, die persoon se dislikes.  Waar die persoon vandaan kom, die persoon se hart teenoor jou as mens en hoekom die persoon JOU gekies het.  Ken jy al hierdie antwoorde as dit kom by die mees belangrikste Een van almal?  Weet jy wat God gelukkig maak, en waarvan Hy nie hou nie?  Weet jy wat vir Hom ‘n gruwel is, en waarin Hy jubel?  Weet jy hoekom Hy jou geskape het, verstaan jy hoe Hy oor jou voel, verstaan jy hoekom Hy JOU gekies het vir Hom?
3. Jesus Christus, God se seun het vir my kom sterf.  – Oh my hat. Die dinamika in daai sin.  God, die een wat ALLES gemaak het, wat JOU gekies het as Sy bruid, het Sy Seun gestuur sodat jy kan vry kom van al die kere wat jy uit eff.  God sien die swakheid, die gesukkel, die ongehoorsaamheid en Hy maak ‘n plan.  Daai plan behels dat Iemand dood gaan, vir JOU.  As jy verstaan hoe lief God jou het, dan kan jy stadig maar seker BEGIN verstaan hoekom Hy Sy eie Seun sou stuur, sodat jy in ‘n vrye verhouding met Hom kan tree.   Is jy lief vir Hom ook?  Is jy lief vir Hom omdat jy nou vry is, of is jy lief vir Hom, sommer net omdat Hy HY is?  Is Hy vir jou so ongelooflik mooi, so bevange, so groot, so wonderlik, dat jy vir Hom kies, nie slegs omdat dit jou redding is nie.  Is dit meer as net ‘n “one-way” bonus.
4.  Hy wil jou ken.  – Dink net gou aan hierdie 4 woorde.  Die God, wat ALLES gemaak het, wat JOU gekies het as sy bruid, wat Sy eie SEUN gestuur het vir jou, wil jou ken.  Nie vir GEEN ander rede, behalwe dat Hy mal is oor jou!  Hy dink jy is die mooiste skepsel, Hy se selfs in Hooglied – “Draai jou gesig weg van my, want jou skoonheid verkrummel al my weerstand.”  Shona.  Daai is belaglik.  As jy wakker word, wil Hy he jy moet met Hom gesels.  Jou allerdaagse dingetjies, is vir Hom belangrik.  Hy sien jou, hy ag jou hoog.  Hy verstaan, en hy wil jou help laste dra.  God het nooit belowe dat hierdie lewe, waar sonde menigmale heers oor situasies, net maklik gaan gaan nie.  Maar Hy strek Sy hand uit, en se vir jou – Kom.  Groei saam in ‘n verhouding met my.  Laat MY jou volle vreugde en som totaal van jou geluk wees.  Ek sal jou deur al die situasies op My hande dra.

Ek is nooit groot gemaak in ‘n kerk nie.  Om die waarheid te se, ekt nog nooit langs my ouers in ‘n kerk gebou gesit nie.  My ouers, nes ek, glo dat ons die kerk is.  So vir my was daar nooit regtig ‘n geestelike tradisie nie. Genoeg oor dit.  Ek kan imagine dat dit soms baie moeilik is, as jy in ‘n baie “old school ways” kerk groot geword het, vir een oomblik te sien dat God oor soveel meer gaan as net godsdiens.  Daai 4 sinne: God het alles gemaak; God is lief vir my;  Jesus het vir my gesterf;  God wil my ken; het SOVEEL waarde.  Dis ongelooflike eenvoudige sinne, met betekenisse wat jou verstand tebowe sal gaan.  As jy net begin grou.  Begin krap in die storie van Jesus.  Wie Hy was, en nou is.  Maak dit vir jou ‘n avontuur om Hom so goed te leer ken, beter as enige ander mens.  Ons sal nooit God verstaan ten volle nie, maar Hy gee vir ons Sy Woord waarin ons Hom kan ontdek.

BEGIN VIND.