(Hierdie gedig is geskryf omdat ek ongelooflik baie vriende het wat sukkel met een of ander verslawing.  Weet net, dat saam met die Here is geen verslawing te groot om te oorwin nie!  Hy sal jou hand vat en jou daar deur lei.  Al voel jy dalk soms soos ek toe ek die gedig hieronder geskryf het – Mark 11:24– “When you pray and ask for something, believe that you have received it, and you will be given whatever you ask for.”)

HELLO VERSLAWING

Jys ‘n wilpse monster
dit wat kom steel van my
Jys die onophoudbare gekerf aan my reinheid
dit wat my verslaaf hou

Jyt jou kloue diep in my in gekleef
sonder einde vreet jy my
jyt geen berou
geen genade
en geen gewete

Jyt my vernietig en my van binne laat begin ontbind
Jyt in die donker gelag en my aan gepor
Jyt my gedryf tot die satisfaksie van die dood

Jys ‘n wilpse monster
dit was my saggies uitlok
Jys ‘n aantreklike demoon
dit wat my soos ‘n marionet manipuleer

Jyt my tot die bottel gedryf, siek vriend
Jyt my die vuis laat swaai, verraaier
Jyt my my longe laat braak en vir haat nes geskrop.

Jys daai konstante stem in my agterkop
Jy skree vir my menigmale
… en daar is nie uitkom kans.

Hello, bekende gesig
hello aan die demoon
hello aan die onvergeetlike nare gedagte
hello, verslawing.

Jys ‘n wilpse monster
dit wat kom steel van my
Jys die onophoudbare gekerf aan my reinheid
dit wat my verslaaf hou.