Sexpo.  Die eerste gedagte wat in my kop opkom as ek die advertensie borde sien langs die N1 sien is “hoe is dit aanvaarbaar?”  Ek sit en wonder hoe mense iets so ongelooflik kosbaar, privaat en spesiaal soos seks, SO ongelooflik goedkoop kan verdraai.  Ek wonder hoe ‘n mens kan rond stap, in ‘n gebou waar hulle allerhande sex toys, pornografie en nog baie ander maak-my-naar items, verkoop.  Ek hoor gister op die radio hoe Gareth Cliff praat oor die kaal mense wat daar rond staan.  Dis “modelle.”  Dis mos “mooi.”  Dis KUNS!  Kan jy vir my een oomblik verduidelik hoe ‘n mens kaal in ‘n gebou staan terwyl duisende mense verby jou loop?  ‘n Pakkie wat God so mooi toegedraai het vir man en vrou om met mekaar te deel, word vrygewig, soos T-shirts uit ‘n T-shirt-gun by ‘n rock show, uitgedeel.  Ek is seker die hele dag wat jy daar rond loop is jou gedagtes gerig op seks.  Hoe dan nou anders? Nou verstaan ek…

Lust.

Begeer.

Vrot.

Effed up.

Sodom en Gormora.  Ons besef dit nie altyd nie, maar die wereld waarin ons nou leef is ‘n miljoen keer erger as back in the day.  Pornografie is beskikbaar deur EEN click van jou muis.  Ons jong mense word blootgestel aan seks soos ‘n klein kind aan lekkers.  Die gevolge van lekkers is vet, hoofpyn en naarheid.  Die gevolge van sexual immorality – DOOD.

Ek is seker pretty much flying solo deur wat ek vandag hier skryf.  Ek is seker jy verstaan nie hoe ek fout sien hiermee nie.  Ek is seker ek gaan gebash word.  Maar ek gee net ‘n moer om.  Want dit raak belaglik.  Ek sidder as ek dink hoe ek my kinders gaan moet groot maak in ‘n wereld waar ons expos’ hou wat seks adverteer.  Wat LUST bemark.

… goedkoop lewe jy voort.

1 Thessalonians 4:3 – God wants you to be holy and completely free from sexual immorality.  Each of you men should know how to live with his WIFE, in a holy and honourable way, not with lustful desire, like the heathen who do not know God.  – #nuffsaid.