Kom ek vertel jou ‘n vinnige verhaal
die verhaal van my
my potjie propvol lewe

Kom ek skets die buitelyne
siedaar!  ‘n Lag stuk
my pragstuk wit doek

Kom ek dans dit vir jou
Hou by,
hierdie is ‘n sliert’lange lyn om te dans

Kom ek probeer dit verwoord
eks ‘n sukkelaar
woorde nooit genoeg

Kom ek voer ‘n toneel stuk vir jou op

was dit genoeg?

Hierdie is my propvol bestaan…