Jy proe soos verslawing
jou asemhaling die dryfkrag
die veer
Jy beweeg soos my tweeling
tweeling siel van wesens geheg

Die druk-stoot aksie
‘n begeerte, ek neig
die alles gebare
gekoester na vandag

Jy voel soos die fluweel pant aan my aandrok
die  mal wyn besope gevoel
verlore in die dade van jou
my hart soos haliet
geurig soet-sappig

Jou skalksheid my dwelm
my vir altyd propvol verlief gevoer
op jou

Jy proe soos verslawing
jou asemhaling die dryfkrag
die veer
Jy beweeg soos my tweeling
tweeling siel van wesens geheg