Onder die maanlig.  Onder die straatlig.

Jou wese het gister aand net meer en belangriker weer dieper in my ingeskrop.
Die laat skemer maak die moeilik om die detail op jou gesig uit te maak maar al wat werklik belangrik is is jou woorde.
Poetiese woorde wat stories vertel.  Ons verstaan mekaar in die donker.

“Dis ‘n ront-om-talie.”

“Ek sal jou wyn drink.  En afsluk.”

“Niks maak sin nie.  Net jy.  Net ons.”

My diepste hartsbegeerte teenoor die man vir wie ek lief is, omgesit in werklikheid wanneer jou lippe myne raak en ons trane van emosie vertel.
Wanneer die donkerte en sout-wind aan ons vaskleef is jy soos die redding vir my ongebalanseerde bestaan…

Vir nou vat ons ‘n kans soos ons ‘n bitter klein tree gee, oppad na die uiteinde saam Hom.