Die techno beat word wasig in my voorruit
die gal smaak ‘n gesukkel om te hoor
ek sny die nag geluide uit
staar na die geel pad tekens
die sexpo bord
die helder ligte soos daglig
en dink aan maniere
om die gedig te verwoord

Die eensaamheid as ‘n individu
ons unieke maniere tog soms ‘n klug
verduidelik aan my die manier
van middelweg maniere
en niks

Die pad gly al hoe vinniger verby
voel of ek getrek word na iets
iets wat wag aan die anderkant
van die wit stippelyn
dalk tot niks

Die techno beat verloor sy wysie
die depressie van ou tyd plant homself vas
in die klanke van metallica se diep liriek
in die diepte van my denke
na niks

Ek verstaan nie die wanorde
die verwartheid
die bittersweet
die lig en donker
Ek verstaan nie die stilte van jou
my skoene is leeg
staan gou in hulle
kyk verby die techno liedjie

na my

of na niks.