‘n Emosie wat deesdae nie meer so baie by my opkom nie – is woede.  Ek dink vandag terug aan sowat 2-3 jaar terug en wonder hoe dit moontlik was vir my om so baie te kon verander.  Verandering…  Dis nie altyd ‘n lekker ding nie.  Baie mense sal altyd vir jou se: Change is good.  Maar dit het my nog altyd ‘n gevoel van ongemak gegee.  Ek dink terug aan hoe ek altyd die girl was wat aandag gesoek het.  By hom.  By haar.  By jou.  By enige iets.  Solank die aandag net op my gevestig was, het ek ‘n sense of acceptance gevoel.  Ai.  Ek raak ontsteld as ek terug dink aan daai oppervlakkige jong meisie.  Maar gelukkig is daar iets soos “verandering.”  Hoe ongemaklik of moeilik dit tog mag wees, dink ek verandering bring saam met dit nuwe lewe.  Dis soos die lente.  Blomme begin blom.  Die eerste reen val na die koue winter maande.  Is dit tog nie ‘n vreugdevolle tydperk nie?  Ek dink ons moet verandering in ons lewens so begin benader.  Dit begin sien as NUWE LEWE.  Daai meisie wat onnodig kwaad geword het, oppervlakkig geleef het vir die oomlikke van wardeering, sou nie hier vandag gewees het as dit nie vir daai werkwoord was nie… Verander.  Ek praat nie net van verandering binne mensself nie, maar ook die omstandighede.  Genigtig, omstandighede het vir my binne dae verander.  Binne enkele oomlikke het realiteite in my kom verander.  Waarhede verdwyn en soos daai eerste lente reen het dit alles kom wegspoel.  Ek kon probeer weghol van dit.  Ek kon onder iets gaan skuil het en gehoop het dat reen, nes die realiteit nie werklik was nie.  Maar ekt gekies om in die reen te bly staan, en dit tyd gegee om alles weg te vat wat moes weg.  Juis, sodat na die reen, die blomme werklik kon begin blom.  Dis asof my lewe in ‘n winter slaap was… En na al die verandering kom verf die Here die lente kleure duidelik in.  Maak dat ek vir die eerste keer met al my sintuie LEWE.  NUWE lewe.  In die lente.

So trek aan jou vrolike klere!  Wees laf sonder om om te gee… EN LAG!

*VREDE HARMONIE BLOMME BALONNE*