Jy weet mos daar is altyd ‘n “hulle” ?  Ons het altyd hierdie een sin wat ons se as ons ons punt meer duidelik wil bewys – “hulle se.”  Wie is “hulle” ?!  Ek weet nie.  Ek het nie daardie antwoord nie, maar ek weet wel “hulle” het ook gese dat mens nie kan vriende wees met iemand met wie jy ‘n verhouding gedeel het nie.  Ek praat nie van ‘n kort maand, nie-so-ernstige verhouding nie, maar die verhouding wat by trou draai.  Wel “hulle” was absoluut verkeerd…

In die Spur sit twee wesens.  Daar is ‘n effense ongemaklikheid en vernedering.  Daar is ‘n effense ego en effense kwaad.  Dis ‘n teenstryd in hulle koppe.  Laat die waarheid net uit, en laat liefde selfs oor hierdie situasie wen.  Die twee wesens kies om opreg hulle harte met mekaar te deel.  Erkenning.  Teleurstelling.  Vergifnis.  Hierdie 3 stappe word gevolg totdat daar ‘n ongelooflike gemaklikheid kom heers.  Dit raak rusting en tevrede… Hoekom?  Want hulle kies vir dit.

Daar is (soos my vriend ook altyd se) GEEN “bulletproof vest” vir ‘n hart breek nie.  Soms gooi jy jouself naief in ‘n verhouding in en hoop vir die beste.  Dis normaal om aan die anderkant te staan en na die tyd die ander een te wil vermoor.  Nee regtig, eks seker ons het almal al daai “I would so love to hurt you right now” gevoel gekry.  Maar as twee mense kan KIES om dit soos volwassenes te hanteer, en aan te hou om mekaar te respekteer en voor lief te bly –  dink ek jy kan mekaar help om die koels uit die borskas te trek wat in die hart kom gate los het.  Jy kan saam op die operasie bed gaan le en mekaar se hand vashou terwyl hulle (in my geval God) die hart kom heel werk.  Ek weet hierdie konsep klink dalk vir jou volksvreemd.  Ons is so groot gemaak dat as jy eers deur ‘n verhouding is met iemand, gooi jy daardie persoon soos ‘n ou vuil handoek uit jou lewe en wag tot jy ‘n nuwe een kan gaan koop.  Ek dink juis DIT maak meer seer as om te werk daaraan om op ‘n goeie voet met mekaar te kan staan.  Hierdie is wel baie moeilik as ALBEI partye nie bereid is om saam daaraan te werk nie…

Dis die beste gevoel om vandag op te gestaan het en te weet ek en jy is ok…  Dis die beste gevoel om sonder daai naar gevoel vir jou ‘n boodskap te kon tik en vir jou te kon se ek hoop jyt ‘n amazing dag.  Dit maak my hart so gelukkig.  Dankie.  Jys my beste.