Nou kyk, vandag het die poppe kom dans.  Die harmonie van die lewe, die storie wat geskryf word, die donker rooi van die wyn en die klanke wat die platespeler uit laat…  Ek asem dit alles in, en sien die mooi in wat aan my geleen is.  Familie en vriende wat my koester in hulle harte.  Wat soveel liefde uitstraal deur net hul teenwoordigheid by ‘n ete.  ‘n Aand toe my pa staan voor almal en vertel hoe dankbaar hy is dat die Here in my lewe werk.  Dit was moelik om nie met alles in my soos ‘n klein dogtertjie te huil nie.  Toe hy bid, kon ek voel hoe die trane my maskara laat smelt en my wimpers aan mekaar begin bind.  Bennedy se hand in myne wat al hoe stywer druk toe my pa se – “Tehillah gaan ooploop vir Jesus.”  What a legend…

Vandag het ek by OMNI gesit en luister oor hoe ons lewens soos stories is.  Wat maak my storie anders as Paulus of David sin?  Ons is almal mense wat deur God gemaak is.  En as jy aan Hom behoort en vir Hom lewe, raak jou storie net so indrukwekkend.  My storie se doel, les en rede sal ek graag wil he moet net so significant wees soos een van die bybel verhale.  Ek glo dit kan wees…

As ek terug kyk na die afgelope 21 jaar van bestaan is dit een GROOT kleurwiel.  Daar is donker, ligte, dowwe en helder kleure.  Elke kleur is ‘n hoofstuk.  Elke stukkie so belangrik.  Elke stukkie so nodig om ‘n volle kleurwiel te kan opmaak.  Daar is min dinge in my lewe wat my laat sidder.  Min goed wat my regtig daai naar gevoel op my maag gee.  En ek se dankie vir Jou vir dit.  Dankie dat die moeilike tye nooit te moeilik was om nie te kon hanteer.  Dankie dat daar altyd krag gekom het.  Dankie dat ek ouers het wat my nog altyd ondersteun het.  Dankie vir ‘n wonder ma langs wie ek kon sit, en my grootste hartsbegeerte was net om vir altyd saam haar te kon tee drink.  ‘n Ma wat nooit te min tyd gehad het vir elke dans konsert kostuum.  Elke op “die nippertjie” iets nuuts maak om aan te trek.  Elke gebed as ek wou opgooi van seer.  Die trane wat sy saam met my gehuil het as die pyn te veel was.  ‘n Mamma wat met trane in haar oe vir my se – “my kind, weet jy hoe lief is Hy vir jou?”  ‘n Ma wat opreg ‘n vrou is.  Wat altyd sorg, altyd vashou, altyd die minste is.   Altyd.  Dankie dat my pa my op 13 laat anders aantrek het, en my gehok het toe ek stout was.  Wat sterk was toe ek swak was, en ‘n voorbeeld was van ‘n man wat sy gesin sal beskerm.  Die pa wat reguit, maak nie saak die omstandighede, iemand sou aanvat as hul my onregverdig te na kom.  ‘n Pa wat kwaad geword het vir die mans in my lewe wat my nie hanteer het asof ek ‘n Koningskind is nie.  ‘n Pa wat my kant kies.  ‘n Pa, ‘n man van God.

My storie, Tehillah, en wie ek vandag is, sou nie die selfde gewees het sonder die volgende mense nie.

My pa… Jy’s die template van ‘n man wat ek wil he eendag.

My ma…  As ek ooit ‘n verhouding met Hom kan he soos jy, sal ek ‘n gelukkige vrou wees.

My broer…  Ek dink nie daar is woorde.  Jy weet.

Bennedy Jones…  Nog nooit ‘n jakkals gehad nie.  Daar sal altyd net een wees. Dankie

Jessi van Schaik…  Jy inspireer.

Dietmar Gerber… ‘n Die woestyd het ek in jou ‘n vriend gevind.

Lucinda du Toit… Nie net my baas, maar ‘n geskend van God as my beste vriendin.

Ilze Riekert…  So vinnig het jy in my hart in gespring.

Jacques Malan… Dankie dat jy altyd daar is, jy leer my baie.

Jacques Botha…  Ndi Anifuna

As ek een ding kan se oor my 21 jaar – dan is dit net een sin:

Ek kies vir Jesus, altyd en vir ewig as my eerste liefde.

… This story has only just began