Hier le te veel verf voor my keyboard, en ek sukkel om te tik. Maar ek is so opgewonde diep binne in my hart, dat ek nie myself kan keer om te tik!

Genade onbeskryflik groot. Hierdie drie woorde herhaal geduurig in my kop. Dis ongelooflik vir my om terug te kyk na die afgelope 6 maande van my lewe, en te besef hoe God deur Sy liefde vir my, my hart kom verander het. My wese om RUK het. My realiteit kom verander het.

Tehila. Ja, tegnies gesproke is hierdie my naam. Tehila is baie passievol, baie loud, baie gelukkig. Oppervlakkig, maar tog kan sy diep dinge deel met haar nabye vriende. Sy raak vinnig kwaad en ongeduldig as dinge nie haar manier gaan nie. Sy vloek in die donker and bly verslaaf aan dinge wat haar vernietig. Tehila. Verlore.

Eendag, in Mei 2010, speel my wonderlike baas, Lucinda vir my ‘n DVD van Joe Niemand. LOVE. Ek sit en luister na wat hy se, en emosies binne in my ontplof. Dit was skielik, dit was RAPID. Dit was ROU. Tehila, waarheen gaan jy? Waarheen streef jy? Wat is vir jou belangrik? SIEN JY HOE LIEF EK JOU HET?

Van daai dag af, het ek Tehila gaan begrawe. Tehillah is gebore. Stadig maar seker het Jesus goed aan my openbaar van myself. Wie ek is, in HOM. Die skille het van my oe begin af val, en dit het al hoe duideliker geword. Waarheen gaan jy? Waarheen streef jy? Wat is vir jou belangrik? Die “H” staan vir “genade” in Hebreeus…. God se ongelooflike genade.

God het ‘n wonderlike mens in my lewe in gebring. Skillie Jacques Botha. Van die eerste dag af, het ek besef- hierdie is iemand wat Hy op my pad gesit het. Hou jou oe oop Tehillah, en jou ore. Wysheid het God met my deur hierdie wondermens kom deel. Hyt my kom wys die plan vir my lewe, SY WIL. Nie Tehillah sin.

Ek is so dankbaar dat God se genade vir ‘n gebroke Tehila genoeg was. Ja, Tehillah is nie perfek nie, en sal nooit wees nie. Ja sy maak foute, en sal altyd. Vrees sal steeds sommige dae haar kom oorval, maar sy weet waar sy haar hoop plaas.

Deur die MPHENI uitreik, het ek net weereens besef- Ek wil MISSION vir Jesus. Vir my bevange pa in die hemel.

HIERDIE IS NET DIE BEGIN!
AYOBA VENDA JESUS!