Ek weet ek deel dalk baie persoonlike gebeure, maar as jy in my storie en getuienis enigsins inspirasie of hoop kan kry, is dit meer as die moeite werd…

Vanoggend het die dag my gegroet met baie pyn en seer. My voete kon nie huppel, my brein het vas aan die slaap gebly soos ek deur die oggend ure gegaan het. Vrae vol vrees en trane en verwyt het deur my brein gerol soos ‘n ou rolprent. Hakkerig het dit my geirriteer en my regtig net uitgeput. Ekt in my rooi karretjie geklim en sonder ‘n ware doel gery na ‘n vriendin. Opsoek na God op ‘n drastiese manier, soos toe ek in die vliegtuig geklim het skaars 2 weke terug.

-“You see my suffering; you see my trouble.” Psalm 31:7

-“In time of trouble, He shall set me upon a rock.” Psalms 27:5

-“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest.” Mattew 11:28

As ek maar net al lank terug besef het – God staan vas. Dis ek wat rond beweeg.

-“He leads the humble in the right way and teaches them His will.” Psalm 25:9

Die lewe het ‘n manier om my ongelooflik deurmekaar te maak. Ek dink ek is een van daai mense wat altyd alles moet uitfigure en altyd alles moet verstaan. As daar nie ‘n ster uit die Hemel val met ‘n boodskap van God af nie, is dit nie dramaties genoeg vir my om daarin te glo, of daaraan vas te hou nie. Nee nee nee, Tehillah nodig dit op ‘n dramatiese wyse. Sy soek ontploffings met blinkers, trane wat vloei tot my ooglede omkrul, en dan voel ek mos naby aan Hom. Ek dink ek het vir myself opgemaak dat Hy dan nader aan my is. En dis hoekom ek Hom gaan soek het deur myself tot op breek punt te druk.

-“Lord You have examined me and You know me. You know everything I do; from far away you understand all my thoughts.” Psalm 139:1

So bly ek soekend na Hom. Ek tel my Bybel op en gebruik dit soos ‘n “quick fix.”  (so verkeerd.) Ek soek die volgende woorde, soos my oe scan oor die bladsye: “Yes, you are on the right path,” of “No, you are not.”  Ek soek dit mos duidelik! Here! Hello! Wat nou? Hou op stil wees en gee my duidelikheid NOU! So vereis ek van die Skepper van die heelal. So kom skryf ek vir Hom voor hoe Hy met my moet werk.

-“But God keeps his promises, and he will not allow you to be tested beyond your power to remain firm; at the time you are put to the test, he will give you strength to endure it, and so provide you with a way out.” 1 Cortinthians 10:13

‘n Manier uit? Here, HOE?! My hele bestaan, alles wat ek geglo het is geruk! Die seer wat ek ervaar is erger as toe ek 3 jaar terug op ‘n kruispad gekom het en my lewe wou neem. Gelukkig het ek baie gegroei in tussen, en is dit gladnie ooit meer eers ‘n opsie of uitweg nie. En so smeek ek God vir ‘n duidelike antwoord. So laat ek toe dat mense my laat twyfel in God se grootheid. So gee ek spasie vir twyfel in die kern van my geloof.  Omdat dinge nie sin maak nie. Omdat mense foute maak. En nou blameer ek Hom.

Vandag het ek in stilte op ‘n boomstomp langs ‘n vriendin gesit. Met ‘n bordjie met twee porvitas en 2 klein hout bekertjies met wyn in. Ons het in stilte gesit en die lente wind was koud oor my kaal bene en voete. Ekt diep asem gehaal en in die hemelruim gestaar.

-“In this way they will know God’s secret, which is Christ himself He is the key that opens all the hidden treasures of God’s wisdom and knowledge.” – Colossians 2:3

Here, ek kan nie meer worstel met die hoekoms nie.  Ek wil nie hoop nie, want eks bang vir seerkry. Ek wil ophou met hierdie oorlog in my kop oor wat U plan en U wil is. Want dit tap my laaste bietjie menswees uit my uit. Soms wens ek ek was net Gees en ligaam. Niks siel nie. Dat U my eerder kan beheer soos ‘n marionette.  Maar dan sou dit nie liefde gewees het nie. Want dan sou ek nie uit my eie uit gekies het om U lief te he nie…  En net daar, soos ek die provita eet en wyn drink en nagmaal hou saam my vriendin kom heers vrede, wat alle verstand tebowe gaan, oor my.

-“So I am going to take her into the desert again; there I will win her back with words of love.  I will give back to her vineyards she had and make trouble valley a door of HOPE.  She will respond to me there as she did when she was young. Then once again she will call me her husband.” Hosea 2:14

En daai skrif praat met my.  Dis genoeg.

Trane het saggies sonder dramatiese gebare en vuis gooi deur die lug my oe gevul toe ek besef WIE Hy is.  Die klein gedeelte wat Hy vandag aan my kom openbaar het. Hyt nie aan my kom verskyn soos ‘n helder lig wat my agteroor laat val het van die stomp af nie.  Daar was nie engele kore nie.  Geen weerligstraal wat – BOOM – my kom wakker klap het nie.  Net sy Woord en die besef deur die natuur.  Ekt Hom beleef in die wind…  En dit so ‘n klein vasset. Maar so kragtig. Hy’s my eerste liefde. Hy’s my Koning. My Leerder, my krag, my wysheid. Sy gees IN my raak die stem wat kom fluister – “Ek is hier, gee oor aan My om beheer te neem.” Hy raak net daar genoeg.  Sy grootheid breek my brein letterlik as ek om my aanskou al Sy hande werk.

-“Cast your cares upon the Lord, for he cares about you.” I Peter 5:7

-“Look at the birds in the sky. They don’t plant or harvest or gather food into barns, and yet your heavenly Father feeds them. You are more valuable than they are, aren’t you?” Matthew 6:26

As Hy, wat alles gemaak het so oor MY, Tehillah kan voel, hoe kan ek OOIT dink dat Hy nie my styf in Sy almagtige hand vashou nie?  Dat Hy nie ‘n plan het met my lewe nie?  Hoe laat ek myself toe om te twyfel in Sy plan, of dat Hy omgee?  Ek moet oorgee. Die besef hiervan maak my ongemaklik.  Ek sal eerder net ‘n gedeelte aan Hom gee, want my logika se nou vir my dat as ek nie hierdie ding self beheer en uistorteer nie, is dit verby.

-“Trust in the LORD with all your heart and lean not on your own understanding.” Proverbs 3:5

VREES. Dis wat dan inskop. In my ontpop. VREES. My logika kom se weer, nee, moet nie oorgee nie, moet nie soos ‘n kind op God vertrou nie.  Maar dan kom al hierdie verse wat God belowe aan my, net sterker weereens navoor.

-“Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be terrified; do not be discouraged, for the LORD your God will be with you wherever you go.” Josh 1:9

En toe, op ‘n normale Vrydag middag, sonder skree, sonder ‘n “spotlight” moment, sonder baie mense wat emosioneel raak saam oor God, kom praat Hy met my.

“My love, will you still be Mine? Am I enough?”

En ek kies ja.  Hy’s genoeg. Hy’s groot genoeg, om te vertrou.  Hys sterk genoeg, om al my laste te dra. Hys lief genoeg vir my, om om te gee, en die beste vir my te wil gee. En die besef dat dit dalk nie is wat ek verwag nie, en dat dit nie net maklik gaan gaan nie, maak dalk vir ‘n oomblik ongemaklik.  Maar Hy weet die beste.

-“For I know the plans I have for you,” declares the LORD, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future.” Jer 29:11

EK ERVAAR VREUGDE WAT ALLE VERSTAND TEBOWE GAAN. Ek wil rond hardloop en vir almal skree – GOD STAAN REG OM JOU TE OMVOU!  Hierdie vreugde in my oor Hom kan niemand ooit wegneem!!!

Ndi Anifuna Venda Jesus