Ek vou myself toe met ‘n versekerde hoop

Ek kies die duidelike uitsig en die opwinding

Maar hoekom is die seer so intens?

Ek lees en lag die ure deur

Bewistelik verseker geen diep wond

Maar hoekom is jou gesig spokend by my?

Ek ry en is besig deur ure van wees

Hou my voete aan die loop en gedagtes ook

Maar hoekom water my oe?

Ek vertel die storie en vrede ‘n metgesel

Ek deel die vertroue daarmee saam

Maar hoekom druk dit dieper in my hart?

Ek kyk na die foto’s en herleef die gevoel

Glimlag en weet dis verby

Maar hoekom is die gevoel tydelik?

Ek voel my hart klop

Hy klop nie net in my bors

Hoekom klim jy nie uit hom uit?