Ek word wakker in my warm bed
en loer na die rooi liggies op my heater
eks so gemaklik aangepas
so opreg bevooreg met geen egte las
Ek skuif uit na die daglig
en sit op my wyn rooi stoel
en staar na ‘n skerm vol prentjies en woorde
terwyl ek wonder wat dit alles bedoel

‘n warm koppie koffie in my hand
en die gemaklikheid van my bestaan herwin
terug gekry hierdie gekompliseerde eenvoud
hier kan als verloop tot my sin

Die verdraaide waarheid
Die vaskyk in die onbelangrikheid

Ek eet my pap stadig
die melk is koud
yskoud soos hulle handjies
en my vrae van hoekom ek
stuur my in blues in wat my skottelbad laat mis

Ek wil nie hier bly en hier bestaan
maar oor Venda Jesus planne beraam
praat tot die nag se donker ons almal vorseer
om op die dun matrasse te gaan skynsle
en more weer te probeer
Ek sit voor ‘n spieel en verf my gesig
hulle sit op die stoepie en trek lyne in dis stof
Hierdie stad lewe eet my op
Ek soek die eenvoud.
Die rouheid.
Die seer.
Mpheni.